heidi

Die 21 jarige sangeres van die Rosestad (Bloemfontein), het ‘n groot liefde vir musiek, en het al van ‘n jong ouderdom die droom om ‘n professionele sangeres te word. Country musiek lê haar baie na aan die hart en dus kyk sy op na kunstenaars soos Dolly Parton, Lady Antebellum, Riana Nel, Shania Twain en Juanita du Plessis.

Heidi se vertoning het sowaar iets vir almal en jy kan verwag om liedjies te hoor soos:

‘Any Man of Mine’, ‘Bel, bel, bel..’, ‘Jolene’ en ‘American Honey’…

Sy het onlangs haar debut gemaak met ‘n oorspronklike duet saam met Dirk van der Westhuizen – Wie bestuur nou my hart?

Hierdie liedjie word op meeste radio stasies geroteer – insluitend Jacaranda 94.2 FM en Bok Radio!

Sy het in 2014 voluit begin werk aan haar droom en het al by verskeie feeste en funksies opgetree . Heidi het ‘n passie vir die lewe, die Here, familie en vriende. “Ek glo musiek is die beste medisyne vir ‘n seer of gelukkige hart. God het jou ‘n talent gegee, wat jy daarmee doen, is jou geskenk terug aan Hom.”

Sy is hardwerkend, talentvol en het die potensiaal om groot naam in SA te maak!

tripadvisor recommended mb

 

tripadvisor recommended mb sb